Vrou wat glo sy is Maddie McCann se DNA binnekort getoets

Deel hierdie storie / Share this story

LEES OOK: Verdagte in plaasaanval vasgetrek

‘n Vrou wat glo dat sy die ontvoerde Madeleine McCann is, se DNA-toetse sal binnekort gedoen word om vas te stel of sy Maddie is

Julia Wendell, van Pole, het verlede week ‘n Instagram-profiel oopgemaak met die naam @iammadeleinemcann. Sy vertel sy het ‘n paar maande gelede begin glo dat sy Maddie kan wees nadat sy “iets” by haar ouma gehoor het.

Die jong vrou sê dat sy dieselfde sproet op haar been en vlekkie in haar een oog as Madeleine het.

Sy is 21 jaar oud, maar glo dat haar ouderdom verkeerd kan wees. Maddie is in Mei 2003 gebore en sou nou 19 jaar oud wees.

Duitse ondersoekers glo egter dat Maddie deur Christian Brueckner vermoor is.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel