Nomsa Sambo (8) van Senotlelo, Vaalbank, Mpumalanga het op 12 Februarie 2023 vermis geraak. Haar lewelose liggaam is op 18 Februarie om ongeveer 02:00 in ‘n puttoilet gevind.
Women For Change sê dat inligting bekom is dat ‘n man gesien was wat haar na bewering na sy huis gedra het.
‘n Saak van ontvoering is geopen en die man is op 13 Februarie vir ondervraging ingeneem. Hy het glo die beweringe ontken en is weer vrygelaat omdat daar nie genoegsame bewyse was om hom aan te hou nie.
Op 18 Februarie is inligting dat die vermiste kind in die verdagte se puttoilet buite sy huis is, opgevolg.
Met die polisie se aankoms op die toneel is die drie lewelose liggame van Zele Papo Machika (53), sy meisie Pauline Maubane (51) en hul seun Thano Maubane (32) in die straar gevind.
Volgens inligting is hulle dood toe die gemeenskap reg in eie hande geneem het en hulle met klippe bestook het. Hulle is op die toneel dood verklaar.
Twee voertuie wat totaal uitgebrand het, is ook gevind.
Nomsa se lewelose liggaam is in die puttoilet aangetref.
Brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, het die voorval in ‘n verklaring bevestig en dat die saak van ontvoering intussen na moord verander is.
Bron: Women For Change en SAPD
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



