Verdagte in plaasaanval vasgetrek

Deel hierdie storie / Share this story

LEES OOK: Man deur onwettige verbinding doodgeskok

Die polisie in Limpopo het Vrydag ‘n 35-jarige verdagte in hegtenis geneem op aanklagte van huisroof en die besit van onwettige wapens en ammunisie.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, sê die polisie het inligting ontvang oor ‘n plaasaanval wat in Desember verlede jaar in Musina plaasgevind het.

Die verdagtes is nagespoor en een van die verdagtes is positief aan die aanval verbind. Hy is in Ha Rabali in hegtenis geneem.

Twee vuurwapens en ammunisie is na die plaasaanval as gesteel aangemeld en tydens die inhegtenisname in ‘n kraal weggesteek gevind.

Die verdagte sal na verwagting Maandag in die hof verskyn.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel