Agt vas vir dwelms, drank, wanordelike gedrag in Aberdeen

Deel hierdie storie / Share this story

LEES OOK: Man deur onwettige verbinding doodgeskok

Agt verdagtes is Vrydagaand by drie onderskeie huise in Aberdeen in hegtenis geneem.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die polisie se spanne het lasbriewe gehad om huise te deursoek waar daar vermoedelik dwelmhandel plaasgevind het.

By die eerste huis in Thembalesizwe het die polisie 25g tik en 600 tikstrooitjies gekonfiskeer. ‘n Man (26) is in hegtenis geneem.

In die tweede huis in die Lotusville area het die polisie ook tik, dagga, ‘n weegskaaltjie, tik lollies en R1 552 kontant gekonfiskeer. ‘n 50-jarige man is daar in hegtenis geneem

Die polisie het ‘n 36-jarige man, ook in Lotusville, vir die beweerde besit van dwelms in hegtenis geneem.

Die polisie het ook ‘n onwettige konkoksie bier in Thembalisizwe gekonfiskeer en ‘n 23-jarige man is beboet. Vier ander is in hegtenis geneem vir dronk- en wanordelike gedrag.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel