‘n Man (26) is dood nadat hy deur ‘n onwettige elektrisiteitsverbinding ongeveer 50 meter van sy huis in Mashimane KZN geskok is.
Reaction Unit South Africa (Rusa) het omstreeks 10:14 ‘n oproep ontvang vir hulp. Met lede se aankoms op die toneel, het hulle die man op ‘n oop draad gesien lê. Hy is op die toneel dood verklaar.
Volgens die oorledene se ma het haar seun die vorige aand vir ‘n vriend gaan kuier en nie teruggekeer huis toe nie. Inwoners het sy liggaam vanoggend ontdek.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



