Noorweegse regering befonds navorsing om uit te vind of wit verf rassisties is

Deel hierdie storie / Share this story

Noorweë se Universiteit van Bergen ondersoek nou of wit verf rassisties is.

LEES OOK: Kyk: Russiese en Chinese fregatte arriveer in Durban en Richardsbaai vir oefening op 22 Februarie

Dié universiteit doen navorsing oor hoe die estetika van wit werf die nasie gehelp het om by te dra tot “wit oppergesag” en gehelp het om die “wêreld witter te maak”.

“Witheid is nie net ‘n kulturele en sosiale toestand wat verband hou met velkleur, voorregte en sistematiese uitsluiting nie, maar realiseer oral om ons,” het ‘n samevatting van die studie gelui.

“Hoewel Noorweë nie ‘n konvensionele koloniale moondheid is nie, sal hierdie projek wys hoe die land ‘n wêreldwye leidende rol gespeel het om wit as ‘n voorkeur-kleur te vestig,” het dit gesê. “Tot nou toe was hierdie storie egter minder bekend aan geleerdes en die publiek.”

Die studie oor witheid en verf, bekend as NorWhite, neem die Noors-ontwikkelde verfpigment titaniumwit waar deur “historiese, estetiese en kritiese” lense om te bepaal hoe die ontwikkeling van die kleur bygedra het tot “sosiale transformasie” asook hoe die innovasie gelei tot “planetêre gevolge.”

Bronne: NY Post, Western Standard

LEES OOK: KYK: Huise en brug in Parys by Vaalrivier oorstroom