‘n Vrou is Sondagmiddag uit die water by Salomon-baai, Ballito, KwaZulu-Natal gered nadat sy amper verdrink het.
Medi Response het ‘n berig ontvang van ‘n verdrinking. Met aankoms op die toneel is gevind dat omstanders haar reeds uit die water gehaal en suksesvolle KPR toegepas het nadat sy ‘n hartstilstand ervaar het.
Alicia van Medi Response sê aan FiND iT dat die vrou per ambulans na ‘n staatshospitaal geneem is vir verdere mediese behandeling.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



