Vasgekeerde inwoners ná oorstromings gered

Deel hierdie storie / Share this story

LEES OOK: Kleuter verdrink voor ouers toe vloedwater huis oorspoel

AfriForum se Standerton-buurtwag is ontbied nadat swaar reën deur die nag tot oorstromings in die omgewing gelei het en talle inwoners gestrand gelaat het.

Die AfriForum-buurtwag saam met ander rolspelers is van vroeg af besig om met roeibote en rubberbote dié dele van Standerton wat die ergste getref is te fynkam vir mense wat hulp benodig. Die omvang van die skade is nog onbekend.

“Tans weet ons nog nie hoeveel mense steeds vasgekeer is nie, maar ons sal alles in ons vermoë doen om by elkeen uit te kom,” sê Leon Enslin, voorsitter van die Standerton-tak.

Rolspelers by hierdie reddingspogings betrokke is Kasselman-sekuriteit ER24-nooddienste, Delta 1 Rescue Diving, die Lekwa-munisipaliteit en hulle brandweerdienste.

Om met die reddingspogings te help, skakel Leon Enslin by 082 560 6381.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel