Die polisie op Malmesbury het Donderdagaand toegeslaan op ‘n toegesluite pakhuis in ‘n nywerheidsgebied waar ‘n wapenkas ontbloot is.
Brig. Novela Potelwa, sê die wapenkas het bestaan uit gewere, 9mm-pistole, 'n verskeidenheid rondtes ammunisie en ander swaarwapenartillerie. Dit sluit in: *44 vuurwapens (bestaande uit nege gewere, handwapens, 'n kanon en pistole) *11 vuurwapenonderdele (beskou as vuurwapens ingevolge die Wet op Vuurwapenbeheer) *Twee volle LDV-vragte van 'n verskeidenheid rondtes ammunisie * Aansienlike hoeveelhede kruit *Talle bokse wat gebruik word vir die berging van vuurwapenmagasyne
‘n Verdagte (62) is in hegtenis geneem. Die aanklagtes sluit in besit van ongelisensieerde vuurwapens, ammunisie en ingevolge aspekte van die wet op vuurwapenbeheer.
Hy sal Maandag in die hof op Malmesburgy verskyn.


“Soos die ondersoek voortduur, kan die moontlikheid van verdere arrestasie nie uitgesluit word nie. Die oorsprong van die vuurwapens, ammunisie en kruit is die onderwerp van die polisie-ondersoek met ondersoekers wat hul visier op ander persele in die omgewing gerig het. Die Wes-Kaapse polisiebestuur het die pogings van die Malmesbury-polisie geloof om by die grondoorsake van misdaad uit te kom,” sê Potelwa.



