‘n Vrou (57) van Mamelodi-Wes is Donderdag 16 Februarie vir meineed in hegtenis geneem nadat sy glo haar niggie voorgesê het om ‘n vals klag teen haar stiefpa aanhangig te maak.
Konst. Lethabo Mashiloane, polisiewoordvoerder van Mamelodi, sê nadat ‘n verkragtingsaak gemaak is, is ‘n man in hegtenis geneem en voor die hof gebring.
Met verdere ondersoek is gevind dat die 11-jarige klaagster na bewering deur haar tannie aangesê is om die vals verkragtingsaak teen haar stiefpa te maak. Dit het gelei tot die tannie se inhegtenisneming deur Mamelodi-GKS.
Gemeenskaslede word gemaan om nie vals klagtes by die polisie aan te meld nie.
Polisie in Gauteng waarsku dat die open van vals klagtes in ‘n ernstige lig gesien word, aangesien mannekrag andersins vir noodgevalle aangewend kan word. Meineed is ‘n kriminele oortreding wat strafbaar is met die wet.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



