‘n Tweejarige dogtertjie het verdrink toe sy uit haar ma se arms in vloedwater in Nieu-Seeland meegesleur is.
Ivy Collins (2) en haar gesin was besig om die huis te ontruim weens vloede wat die gesin se huis in Eskdale in Hawkes Bay in Nieu-Seeland getref het.
Haar ouers, Ella en Jack Collins, het Dinsdagoggend om 03:00 wakkergeskrik en besef hulle huis is besig om te oorspoel as gevolg van sikloon Gabrielle.
Die ouerpaar het hulle dogters, Ivy en haar ouer sussie Imogen, gegryp en uitgehardloop. Hulle het glo probeer om op die bure se dak te klim toe die vloedwaters die tweejarige Ivy van haar ma af weggetrek het. Sy het voor haar gesin verdrink. – Daily Mail
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



