LEES OOK: Twee week oue baba by kliniek in Pretoria gelos
‘n Vrou van Pole wat glo dat sy moontlik die ontvoerde Madelaine McCann kan wees, het nou op sosiale media na vore gekom.
In ‘n brief op Facebook waarin sy haar storie vertel, sê sy dat niemand haar wil glo nie en dat sy sukkel om die polisie se hulp te kry. Iemand het haar gevolglik aangeraai om haar na sosiale media te wend in ‘n poging om met die ontvoerde Maddie se ouers kontak te maak.
Sy sê sy wil graag DNA-toetse laat doen om uit te vind of sy dalk Maddie McCann kan wees.






Die ganse wêreld was geskok na die raaiselagtige verdwyning van die 3-jarige Madeleine.
Kate en Gerry McCann, Maddie se ouers, het haar en haar tweelingsussies op 3 Mei 2007 in hul vakansiewoonstel in Praia da Luz in die Algarve-distrik in Portugal, waar die gesin vakansie gehou het, gelos terwyl hulle by ’n eetplek was. Daar is intussen by die woonstel ingebreek en die kind is ontvoer.
Haar verdwyningsaak is die afgelope 16 jaar heropen en weer toegemaak, elke keer met nuwe inligting wat dan weer doodloop. Maddie se ouers het tot vandag toe nog nie hoop laat vaar nie en vertrou steeds dat hul dogter nog leef.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



