Bergfietsryer (14) ernstig beseer in ongeluk

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Bergfietsryer (14) is per helikopter na ‘n hospitaal vervoer nadat sy ernstig seergekry het.

Shawn Herbst, woordvoerder vir Netcare 911, sê aan FiND iT, Netcare 911 het omstreeks 17:47 gereageer op ‘n oproep van ‘n bergfietsryer wat op die veldbergfietsroeite in Paardeplaats, Krugersdorp, geval het.

Herbst sê verslae dui daarop dat sy vermoedelik ruggraat- en kopbeserings opgedoen het.

“Met paramedici se aankoms het hulle gevind dat die handvatsel van die fiets die jong meisie in die regterbobeen vasgepen het, wat haar in ‘n ernstige toestand gelaat het.

“Die jong dame is op die toneel deur Netcare 911 Emergency Care Practitioners behandel terwyl omstanders die fiets uitmekaar gehaal het.

“Weens die tydsensitiewe aard van haar beserings, is ‘n Netcare 911-helikopterambulans geaktiveer om die pasiënt na ‘n gespesialiseerde traumafasiliteit te vervoer.”