Juan-Paul Salzwedel (29) en sy twee kinders is sedert 4 Februarie 2023 van die Lion & Leopard Lodge in Midrand vermis.
Hy het op die lodge gewoon en werk.
Hy het met al sy en die kinders se besittings verdwyn.
Hy het bruin oë en swart hare van gemiddelde lengte.
Hy weeg tussen 70 en 80 kg en is ongeveer 1.7 meter lank.
Uitkenbare merke is aknee-letsels op sy gesig en tatoes aan die binnekant van beide sy bo-arms.
Enigiemand met inligting oor waar hy en die kinders hulle bevind, kan met konst. Monchidi van Midrand-polisie in kontak kom by 011 347 1600.
Die Pink Ladies-organisasie kan alternatiewelik gekontak word op 072 214 7439 (WhatsApp), of 083 378 4882.
FiND iT het met die Pink Ladies-organisasie bevestig dat ‘n saaknommer wel aangeteken is by die polisie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



