LEES OOK: Twee week oue baba by kliniek in Pretoria gelos
‘n Vrou van KwaZulu-Natal het Donderdag teen rowers terugbaklei toe sy en nog twee vroue met messe gedreig is.
Reaction Unit South Africa (Rusa) sê van sy lede is 11:36 Donderdag na die toneel ontbied waar die drie vrouens vertel het dat hulle ‘n kortpad na Mhlasini in KwaZulu-Natal geneem het nadat hulle die oggend in die dorp werk gesoek het. Twee mans het hulle met messe voorgekeer en hulle van twee selfone en R30 kontant beroof.
Twee van die slagoffers het gevlug terwyl die derde teen die rowers terugbaklei het. Sy het ligte beserings opgedoen.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



