Minderjarige meisie van Noord-Kaap moontlik ‘ontvoer’

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Minderjarige meisie (15) het Maandag 13 Januarie 2023 van Proteahof, Delporthsoop, Noord-Kaap verdwyn.

Sers. Timothy Sam, polisiewoordvoerder, sê ‘n saak van wegvoering (abduksie) – die wegneming van ‘n minderjarige uit die beheer van ‘n ouer of voog met die doel om met die minderjarige ‘n huwelik te sluit of seks te hê – word deur die Delportshoop-polisie ondersoek.

Voorlopige ondersoek dui daarop dat die slagoffer met ‘n manspersoon wat in ‘n wit bakkie voor ‘n taverne in die Proteahof-area geparkeer gestaan het, gesels het.

Die polisie versoek hulp van die publiek om Solomon Mdlulu wat met die ondersoek van die saak kan help, op te spoor.

Foto: SAPD

Lt.kol. Marli Strydom, die ondersoekbeampte van die saak, kan op 082 495 0618 gekontak word. Alternatiewelik kan 08600 10111 of die MYSAPS-toepassing gebruik word indien enigiemand weet waar die meisie of man hulle bevind.

Alle inligting sal vertroulik hanteer word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel