Altesaam 13 gesoekte verdagtes is gister deur ‘n span speurders van Roodepan in die Noord-Kaap onder bevel van lt.kol. Mashodi aangekeer.
Sers. Timothy Sam, polisiewoordvoerder, sê hierdie verdagtes was onder meer gesoek vir verskeie misdade wat poging tot moord, huisbraak en diefstal, aanranding met die doel om ernstig te beseer, diefstal, roof, huishoudelike geweld en verontagsaming van hofbevele insluit.
Van hierdie verdagtes het glo aanhoudend hofdatums wanneer hulle in die hof moes verskyn, geïgnoreer terwyl ander hofbevele verontagsaam het.
Die verdagtes is in en om Roodepan by hul verskeie huise opgespoor en in hegtenis geneem.
Hulle sal binnekort in die Kimberley-landdroshof verskyn.
Kol. Pieter Jansen, stasiebevelvoerder van Roodepan, het sy lede geprys vir hul optrede wat verseker het dat hierdie verdagtes nou deur die volle mag van die wet in die gesig gestaar word.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



