Shireen Moore (55) is op 10 Februarie 2023 in Valhalla Park na ‘n beweerde ongeluk dood.
Women For Change sê sy is na bewering deur haar man geklap, waarna sy geval en haar kop iets getref het. Haar man het glo nie bedoel om haar dood te maak nie en het homself aan die polisie oorhandig.
Shireen en haar man het hul dogter Lekita Moore (18) in September 2016 aan die dood afgestaan weens ‘n koelbloedige en brutalie moord.
Sy is in ‘n oop veld in Valhalla Park gevind met 98 steekwonde aan haar liggaam en haar privaat dele was geskend.
Cameron Wilson, wat vir haar moord aangekla en skuldig bevind is, het in Augustus 2017 ‘n vonnis van vier keer lewenslank en ‘n addisionele 71 jaar in die tronk gekry.
Shireen het na haar dogter se moord afhanklik geraak van dwelms en het vir ‘n ruk op straat gebly. Haar man het by maatskaplike werkers, die media en die gemeenskap om hulp vir haar gevra.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



