LEES OOK: Twee week oue baba by kliniek in Pretoria gelos
‘n Jong man (26) is op 4 Februarie dood minute nadat hy ‘n marathon in drie uur tien minute en vyf sekondes voltooi het.
Daily Mail berig die 26-jarige Pierre Lipton van Providence, Rhode Island, VSA, het saam met sy meisie, Eleanor Pereboom, aan die Meza -marathon in Arizona deelgeneem.
Lipton het 15 minute voor Pereboom klaargemaak.
Pereboom het aan plaaslike media vertel dat p1wq@aramedici KPR en ander metodes op Lipton toegepas het om sy lewe te probeer red, maar dit was tevergeefs.
Lipton se pa, Jordan Lipton, is ‘n nooddiensspesialis en meen sy seun is oorlede nadat hy ‘n “skielike elektrolietwanbalans” ervaar het wat aritmie van die hart veroorsaak het.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



