Ontvoeringsindikaat wat glo LGBTQ-gemeenskap teiken, vas

Deel hierdie storie / Share this story

Thabo Ndlovu (33), Ndumiso Mahlangu (27) Sibusiso Tshabalala (27) en Elso Nyati (25), wat na bewering die LGBTQ-gemeenskap geteiken het, is by ‘n restaurant in Parktown, Gauteng, in hegtenis geneem.

Brig. Athlenda Mathe, nasionale polisiewoordvoerder, sê die groep het gemeenskapslede op grond van hul seksuele oriëntasie geteiken.

Hulle sou glo ‘n afspraaktoepasssing spesifiek vir dié gemeenskap gebruik om persone na afgeleë plekke te lok en hulle dan na bewering ontvoer en beroof.

‘n Man (26) is op 12 Februarie 2023 op hierdie manier gelok, gekaap en beroof van persoonlike besittings soos sy bankkaarte, waarna die vermeende misdadigers sy bankkaarte gebruik het.

Die voorval is aan Mondeor-polisiestasie gerapporteer. Die teenontvoeringstaakspan het die inligting gebruik om ‘n operasie uit te voer op die vier vermeende verdagtes wat die dag van die ontvoering by ‘n restaurant ontmoet het.

Die slagoffer se besittings is glo in hul besit gevind.

Die vier wat in hegtenis geneem is, het reeds in die Booysens-landdroshof verskyn op aanklagte van kaping, ontvoering en afpersing.

Die gekaapte voertuig, ‘n Mercedes C180 van die slagoffer, is nog nie teruggevind nie, maar die soektog daarna duur voort.

Die slagoffer is gered en met sy familie herenig.

Alle rolspelers is bedank vir hul samewerking met die polisie om hierdie vermeende sindikaat vas te trek. Dit sluit dieJMPD-honde-eenheid, Gauteng-verkeer, Tracker Connect en ander private sekuriteitslede in.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel