Chris Else, sanger, het gisteraand na die geboorte van hom en Chanelle se kleinding, Clara, laat gistermiddag, vir gebede gevra.
Die kleinding is te vroeg gebore en het tans steeds mediese hulp nodig.
Hier is sy plasing:
Vriende baie dankie vir al die mooi wense🙂
Kan ons vra dat julle ons in julle gebede hou Clara sukkel met suurstof en gaan in ICU opgeneem word. Haar longetjies is bietjie swak, sy weeg 2.5 kg en het bietjie vroeg gekom. Ons bid vir ‘n wonderwerk, dankie dat julle saam bid❤️🙏
God is groot!
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



