Kyk: Dirk van der Westhuizen getuig oor sang en geloof

Deel hierdie storie / Share this story

Dirk van der Westhuizen, die sanger wat geen bekendstelling nodig het nie, het ‘n paar dae gelede ‘n video op sy Facebook-blad geplaas oor sy sangloopbaan, die vermoë om te kan sing, geloof en die oomblik toe hy die Here in sy lewe gevoel het.

In daardie oomblik het hy volgends homself gedraai van ‘n persoon wat bestempel is as een wat “nie kan sing nie” na ‘n sanger wat ‘n platekontrak gekry het.

Vir hom het “oordeel” nie in sy lewe gewen nie.

Hy is ook verfilm vir NetMens wat op KykNet DSTV Kanaal 144 uitgesaai word. Dit kan ook op DSTV Catch Up gesien word.

“Ek dink nie daar is iemand wat my verhaal, van die seer tot die oorwinning, beter uiteen kon sit nie!”

“Dankie aan KykNET vir die voorreg dat julle my verhaal op julle kanaal uitsaai en dat julle my deel wou hê van hierdie reeks!”

Hy het intussen ook ‘n lewendige uitsending gedoen waarin hy gepraat het oor die groeiproses met die Here en oor foute maak, wat jou vorm en wie en wat jy is.

Lees hier wat hy sê:

“God equips those who He calls”. Met my hele hart glo ek dat jou passie, en God se droom vir jou, hand aan hand loop. Dit waarvoor God jou geroep het, lê gewoontlik in dit wat jy die liefste voor is om te doen.

Ek het nog altyd geweet waarvoor God my geroep het en daarom het ek met alles in my op Hom vertrou om my tot by daardie bestemming te bring. Ek het ook altyd geweet dat ek nie in die tradisionele manier van ‘n Pastoor Sy woord gaan verkondig in ‘n kerk nie, maar in plekke waar mense God verloor het, Hom nog nie ontmoet het nie of dalk Hom op ‘n ander manier moet leer ken.

Baie mense wonder hoe ek Sy woord kan verkondig in die “aardlikse” musiek wat ek sing en shows wat nie inpas by die norm van wat dit is om ‘n Christen te wees nie. Maar miskien is dit tyd om te besef dat daar ‘n groter prentjie is. “God works in mysterious ways”. Niemand is perfek nie. Ek het eerder ‘n verhouding met God in die manier wat vir my sin maak as wat ek Hom heeltemal verloor in die proses, en ek glo daar is baie mense daar buite wat ook so voel.

God is Liefde, net LIEFDE! En as jy dit heeltemal verstaan en beleef, sal soveel dinge begin sin maak. Net Hy mag oordeel! Vind jou way met Hom – daar is nie ‘n reg of verkeerd in ‘n verhouding met Jesus nie! En as Hy iets wil verander in jou, sal Hy jou wys, nie mense se oordeel nie!

❤️

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel