Bellville-buurtwag trek vermeende inbrekers vas

Deel hierdie storie / Share this story

LEES OOK: Twee week oue baba by kliniek in Pretoria gelos

AfriForum se Bellville-buurtwag het op 12 Februarie twee vermeende inbrekers vasgetrek.  Om 18:07 het buurtwaglede ’n boodskap ontvang dat daar by ’n perseel in Sydneystraat Oakdale Bellville ingebreek is. Yolanda en Johan Fritz was die eerste lede om te reageer en was binne minute op die toneel. Met hulle aankoms was die verdagtes reeds weg.

Vervolgens het hulle die omliggende omgewing begin patrolleer. Die verdagtes is opgespoor en die gesteelde goedere is in ’n winkeltrollie en ’n krat versteek gevind. Johan het ’n burgerlike arrestasie gemaak en verdere hulp ontbied.

Twee gewapende patrolleerders, Llwandile Vundusa en AC Taylor, van CDF Sekuriteit, het reageer en die nodige ondersteuning gebied. Dié patrolleerders het  Yolanda en Johan gehelp om die perseel vir die polisieondersoek te beveilig.

Die verdagtes was in besit van onder meer vleis wat die eienaar positief uitgeken het, sowel as R500 wat hulle met die verkoop van die gesteelde TV gekry het.

Bellville SAPD het vinnig gereageer en die nodige arrestasies bevestig, waarna die twee verdagtes na die polisiestasie geneem is vir verdere prosessering.

“Om altyd wakker en gereed te wees en die nodige kennis van jou area te hê, is uiters belangrik en ’n eienskap van ’n opgeleide patrolleerder,” sê Johan Fritz, buurtwagleier van AfriForum se Bellville-buurtwag.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel