Lees ook: Tienermeisies vermoor glo man oor gebreekte drankbottel
’n Durbanse man wat daarvan beskuldig word dat hy sy vrou op Valentynsdag vermoor het, is onder polisiebewaking in die hospitaal.
Die man word daarvan beskuldig dat hy sy vrou gewurg het tydens ’n argument en haar toe probeer verdrink het in hulle swembad. Hy het glo ook in die swembad gespring en toe sy polse gesny.
Die vrou is op die toneel dood verklaar en die man is na ‘n hospitaal geneem.
Hy sal binnekort in die Durban-landdroshof verskyn.
Bronne: IOL, Ghanamma, Soeknet
Lees ook: Twee tieners aangekla van moord op transgendermeisie



