Twee tieners aangekla van moord op transgendermeisie

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Een dood in ligte vliegtuigongeluk in Johannesburg

Die polisie in Cheshire, Engeland, het Woensdag bekendgemaak dat twee tieners aangekla word van die moord op ’n transgender meisie.

Brianna Ghey (16) se liggaam is Saterdag met steekwonde in ’n park gevind.

Die twee 15-jariges, ’n meisie en ’n seun, is Sondag in hegtenis geneem.

Die motief vir die moord is onbekend, maar die polisie het gesê hulle probeer uitvind of dit ’n “moord gemotiveer deur haat” was.

Bronne: DW – South Africa, The Guardian, Yahoo

Lees ook: Transgender paar huil van blydskap na baba se geboorte