Chris Else, sanger, het op sy Facebook-blad gevra dat mense asseblief moet bid omdat sy vrou Chanelle om 16:30 ‘n noodkeisersnit moet kry.
FiND iT het op 20 Desember 2022 berig dat die ongebore Clara ‘n gaatjie in haar hart gehad het.
Die kleinding se geboortedatum is in Februarie en Chris het vir gebed gevra. Op 4 Januarie 2023 het Chris ‘n sonar en video gedeel waarin daar vir hulle gesê word: “Dit lyk of hy toe is.”
Hy het op die 5de Februarie ‘n 3D-foto van Clara gedeel en genoem dat hul nog net 24 dae oor het om vir haar koms te wag.
Op 22 Januarie was Chanelle 33 weke swanger en het Chris geplaas dat dit goed gaan met beide en dat hul babadogter goed en gesond groei.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



