Sekuriteitsbeampte steek glo dief dood

Deel hierdie storie / Share this story

LEES OOK: Twee week oue babatjie by kliniek in Pretoria agtergelos

‘n Man wat daarvan beskuldig is dat hy ‘n bottel olie by ‘n supermark in Tongaat in KwaZulu-Natal gesteel het, is glo deur ‘n sekuriteitsbeampte doodgesteek.

Volgens Reaction Unit South Africa (Rusa) wat na die toneel ontbied is, het die 34-jarige man glo in ‘n parkeerarea inmekaargesak. Hy het ‘n enkele steekwond aan sy bors gehad en is op die toneel deur lede dood verklaar.

Die man het na bewering Dinsdag ‘n bottel olie by ‘n supermark gesteel. Die sekuriteitsbeampte by die winkel het hom probeer vastrek, maar hy kon ontsnap.

Die sekuriteitsbeampte het die man vandag glo weer gesien en hom gekonfronteer. Die twee het in ‘n bakleiery betrokke geraak waartydens die beampte hom glo doodgesteek het.

Die polisie ondersoek die saak.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel