Transgender paar huil van blydskap na baba se geboorte

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Derde cholera-geval rapporteer in Johannesburg

’n Transgender paar van Kerala, Indië, wat wêreldwyd nuus gemaak het met hulle swangerskapfoto’s, het hulle baba met trane van blydskap verwelkom.

Ziya Paval het op Instagram gedeel dat haar kêrel Zahad Woensdagoggend geboorte geskenk het aan hulle baba. Die baba is byna ’n maand vroeg gebore, maar is blakend gesond.

Die paar het gesê dit was hulle droom om ouers te word, dus het hulle hormoonbehandeling vir die duur van die swangerskap gestaak.

Zahad het gesê hy gaan teruggaan werk toe na twee maande, terwyl Ziya na die baba sal kyk.

Bronne: BBC, The Star, Yahoo

Lees ook: Basiese onderwysdepartement kritiseer ‘simpel’ petisie teen uniseks-badkamers