Die departement van basiese onderwys glo hulle idee om uniseks-badkamers by skole in te stel, is uit konteks geneem.
Die departementele woordvoerder, Elijah Mhlanga, het die petisie wat die idee teenstaan “simpel” genoem en gesê dis gebaseer op hoorsê.
Hy het tydens ’n onderhoud op Jakaranda FM gesê mense moet wag vir die departement om met hulle te kommunikeer en dat ’n petisie onnodig is.
Die petisie het al meer as 73 000 handtekeninge. Die mikpunt is om 75 000 handtekeninge te kry.
Die departement se voorstel sluit in:
– Skole sal binnekort verplig word om “geslaglose/uniseks-toilette en kleedkamers” te voorsien.
– Individuele stalletjies, herontwerpte badkamertekens en meer hokkies word as ‘n oplossing voorgehou.
– Onderwysers moet geslagsskeiding van leerlinge vermy deur nie kinders in klasse, rye of groepe in “seuns en meisies” te verdeel nie.
– Geslagsneutrale uniforms moet ook beskikbaar gestel word aan alle leerlinge wat dit benodig.
– “Deadnaming” sal ook verbied word. Dit beteken ‘n leerlingwat as ‘n ander geslag identifiseer, kan nie op hul vorige naam genoem word nie.
Mahlangu het gesê die departement se mikpunt is dat alle leerders te alle tye welkom te laat voel.
Bronne: IOL, VN Explorer, Ghanamma
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Petisie teen uniseks-badkamers by skole kry duisende handtekeninge



