Man sedert Julie vermis

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie in Sun City vra die gemeenskap se samewerking om die vermiste Thapelo Mozima (33) op te spoor.

Kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, sê Mozima het Donderdag 9 Julie omstreeks 16:00 vermis geraak.

Tydens sy verdwyning het hy ‘n blou denim, ‘n groen T-hemp en ‘n veelkleurige baadjie aangehad.

Enigiemand met inligting kan die polisie by 082 416 2802 kontak.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel