KYK: ‘Dief’ kom sy moses teë toe oud-Bok hom agternasit

Deel hierdie storie / Share this story

KYK: Beeldmateriaal wys gru-botsing waarin twee sterf

Oud-Bokkaptein Jean de Villiers het nie op hom laat wag nie toe hy onlangs ‘n vermeende winkeldief by The Boer & Butcher in die Paarl gewaar het.

De Villiers het die man dopgehou en gevolg toe hy na bewering items van die winkelrakke af in sy sak gesteek het.

Volgens ‘n berig wat die winkel op sy Facebook-blad gedeel het, het die voorval op 23 Januarie plaasgevind.

De Villiers en sy vrou is glo gereelde klante van die winkel en was besig om te betaal toe De Villiers opgelet het die man tree verdag op.

Hy het die man, wat die winkel met die goedere wou verlaat, agternagesit en buite die winkel gevang.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel