Lees ook: Ouers word aangeraai om kinders teen masels in te ent
Die Gautengse departement van gesondheid het Woensdag ’n derde cholera-geval in Johannesburg bevestig. Die geval is Dinsdag rapporteer.
Die nuutste geval is die man van die eerste bevestigde pasiënt. Sy toestand is stabiel.
Die eerste twee gevalle was twee susters wat na Malawi gereis het vir ’n begrafnis. Albei het met hulle terugkeer simptome ontwikkel.
Bronne: IOL, SABC, Sowetan LIVE



