‘n Man van Springs aan die Oos-Rand van Gauteng is gister gered nadat ‘n boom afgebreek en op die voertuig waarin hy was, geval het.
Blue Hawk Tactical-lede is na die toneel ontbied.
Met aankoms op die toneel het hulle die man binne-in die voertuig met die omgevalle boom bo-op aangetref. Hy is met slegs geringe beserings uit die voertuig gehaal.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



