Lees ook: Australiese seun sterf in Fidji
Die Belgiese doelwagter, Arne Espeel, is Saterdag oorlede nadat hy op die veld ineengestort het nadat hy ’n strafskop vir ’n amateurspan gekeer het. Hy was net 25 jaar oud.
Winkel Sport B, wat in die tweede provinsiale afdeling van West Brabant in België speel, het Saterdag teen Westrozebeke gespeel toe die ander span ’n strafskop gekry het.
Espeel het die strafskop gekeer en toe dadelik ineengestort. Mediese dienste het hom te hulp gesnel, maar hy is kort nadat hy na die hospitaal geneem is, oorlede verklaar.
Die oorsaak van sy dood is nog onbekend.
Bronne: IOL, Sky News, The Guardian



