LEES OOK: Jong vrou dood op pad na hospitaal na slangbyt
Die Suid-Afrikaanse aktrise Annelisa Weiland vier vandag haar 74ste verjaardag.
Die 7de Laan-aktrise is in 1949 Seepunt, Kaapstad, gebore.
Sy het aanvanklik op die verhoog uitgeblink in klassieke rolle en het eers in 2000 haar televisiedebuut gemaak. Sy is baie bekend vir haar rol as Hilda de Kock in die televisiesepie 7de Laan. Sy het ná 19 jaar in die rol in September 2019 haar laaste verskyning in die reeks gemaak. Onlangs was sy te sien in die komediereeks Lui maar op, Belinda en die sepie Suidooster.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



