Voornemende passasiers wat ‘n bootvaart van 6 tot 10 Maart 2023 op die MSC Orchestra van Durban na Pomene in Mosambiek bespreek het, het sedert gister ontevredenheid op sosiale media uitgespreek.
Passasiers wat ‘n ander toer kan bespreek of hul geld kan terugkry, is omgekrap. Sommiges ervaar nie net die teleurstelling van die kansellasie van die toer nie, maar ook geld betaal vir vlugte, hotelverblyf, parkering en ander reëlings, wat nou in die water gegooi word.
Van hulle het wel versekering uitgeneem op die vaart, maar dit dek nie alle uitgawes wat reeds aangegaan is nie. Reisagente het bevestig die vaart is inderwaarheid gekanselleer.
In ‘n skermskoot van die e-pos vanaf MSC Cruises word die toer volgens hulle gekanselleer weens instandhoudingswerk wat gedoen moet word.
FiND iT het MSC gevra vir kommentaar.

Bron: MSC Orchestra Facebook-blad van Grand Jaguar Tours / Belize Shore Excursions
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



