Tienerseun (15) molesteer glo drie kinders

Deel hierdie storie / Share this story

LEES OOK: KYK: Beeldmateriaal wys gru-botsing waarin twee sterf

Die gemeenskap in Parkgate, KwaZulu-Natal, was Dinsdg woedend na beweringe oor ‘n 15-jarige seun wat drie jonger kinders forseer het om orale seks op hom uit te oefen.

Reaction Unit South Africa (Rusa) is omstreeks 19:50 Dinsdagaand na die toneel ontbied waar ‘n groep van ongeveer 100 mense by die tienerseun se huis saamgedrom en glo gedreig het om hom en sy familie dood te maak.

Rusa-lede het met hulle aankoms op die toneel bevestig dat ‘n stemboodskap rondgestuur word. In die stemboodskap word beweer dat die 15-jarige seun drie vriende van tussen vyf en sewe jaar oud gesodomiseer het.

Die seun is aan die polisie in Verulam oorhandig.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel