KYK: Beeldmateriaal wys grubotsing van waarin twee sterf
‘n Man (35) is deur beamptes van Reaction Unit South Africa (Rusa) in hegtenis geneem nadat hy na bewering ‘n vrou in Temple Valley, KwaZulu-Natal, probeer verkrag het.
Rusa het omsteeks 19:40 ‘n oproep ontvang van ‘n lid van die gemeenskap oor ‘n vrou wat in ‘n oop stuk veld om hulp geroep het.
Lede is na die toneel ontbied en het die vrou, wat na ‘n nabygeleë huis gevlug het, daar gekry.
Die vrou het lede daarvan ingelig dat sy besig was om skoon te maak, toe ‘n man haar van agter af gegryp en probeer verkrag het.
Beamptes het die man in ‘n bos gevind en hy is in hegtenis geneem en aan die polisie oorhandig.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



