LEES OOK: Maak Valentynsdag spesiaal vir jou kinders
‘n Verdagte (47) sal na verwagting vandag in die Kabokweni-landdroshof verskyn op aanklagte van handel in renosterhorings nadat hy in Johannesburg in hegtenis geneem is.
Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, polisiewoordvoerder, sê die verdagte is deur DNA aan die saak verbind na renosterhorings op 2 Desember in sy huis gevind is.
Die DNA is na ‘n laboratorium gestuur en die uitslae het die verdagte glo aan die toneel verbind.
Hy het homself aan die polisie oorhandig en is aangekla van handel in renosterhorings.
LEES OOK: Man verdrink, liggaam uit Apiesrivier gehaal
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



