Prins Harry se eerste seksmaat kom na vore

Deel hierdie storie / Share this story

Die ouer vrou wat prins Harry in sy boek onthul sy eerste seksmaat was, het na vore gekom.

Lees ook: Woede oor voorstel van professor dat breindood vrouens as surrogate gebruik word

Sasha Walpole het vertel dat sy en prins Harry vriende was en dat hulle seks gehad het agter die Vine Tree Inn in 2001 nadat haar eerste eks-kêrel sy nuwe meisie daar aangebring het net nadat hulle uitgemaak het.

Sy het vertel dat haar hart gebreek was en dat sy en Harry saam baie gedrink het, want hy het geweet sy is hartseer.

Hulle het daarna agter die Inn in ’n veld seks gehad. Sy het gesê dit het vyf minute geduur en hulle het nie daarna weer kontak gemaak nie. Sy het ook vertel sy het besluit om uit te praat, omdat hy daaroor praat in sy nuwe boek en sy verstaan nie hoekom hy in soveel “detail” daaroor geskryf het nie.

Bronne: IOL, Daily Mail, The Sun

Lees ook: Pitbull-eienaar probeer glo DBV-inspekteur keer wat hond wil red