’n Professor van ’n universiteit in Oslo het woede ontstook toe sy ’n voorstel gemaak het dat breindood vrouens as surrogate gebruik moet word, aangesien dit bewys is dat hulle steeds geboorte kan skenk aan gesonde kinders.
Lees ook: Ses onderwysers vry op borg na hulle glo leerlinge seks laat naboots
Dr. Anna Smajdor het in November 2022 ’n artikel geskryf waarin sy gesê het dat die liggame van breindood vrouens as surrogate gebruik kan word vir mense wat kinders wil hê, maar nie kan nie of wat nie self geboorte wil gee nie.
Sy’t ook gesê dat die vrouens voor die tyd geskrewe toestemming moes gegee het vir die gebruik van hulle liggame en dat dit sal werk soos orgaanskenking.
Smajdor het gesê die tyd wat ’n breindood persoon aan die lewe gehou kan word, is wel onbekend, maar die idee moet oorweeg word omdat dit gewone vrouens kan help om probleme te vermy wat met swangerskap saamgaan.
Kritiek teen Smajdor se artikel is dat dit vrouens in “voorwerpe verander wat gebruik word om babas te maak”.
Die universiteit het Smajdor aanvanklik verdedig, maar het later om verskoning gevra en gesê dat hulle slegs “mediese ontwikkelinge wat die mensdom sal help” sal bevorder.
Bronne: IOL, Daily Mail, The Post Millenial
Lees ook: Gerhard Ackerman se borgtog teruggetrek



