Gerhard Ackerman se borgtog teruggetrek

Deel hierdie storie / Share this story

Die Suid-Gauteng-hooggeregshof in Johannesburg het Woensdag Gerhard Ackerman, vermeende kinderseksringbestuurder, se borgtog teruggetrek nadat hy versuim het om op 26 Januarie in die hof te verskyn.

Hy het gesê dat hy siek was, maar op pad na die dokter aangeval is en sy siekbrief verloor het. Hy is weer by ‘n winkelsentrum in hegtenis geneem

Die regter het ook beveel dat Ackerman onder toesig gehou word na bewerings gemaak is dat hy selfdood wil pleeg.

Ackerman staan tereg op 740 aanklagtes, insluitend verkragting, poging tot moord, die vervaardiging en verspreiding van kinderpornografie, en mensehandel. Sy mede-beskuldigde, adv. Paul Kennedy, het verlede jaar tydens sy borg selfdood gepleeg.

Die saak teen Ackerman sal Donderdag voortgaan met een van sy slagoffers wat na verwagting teen hom gaan getuig.

Bronne: IOL, EWN, 247 News

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Hooggeregshof hoor Gerhard Ackerman wou glo selfdood pleeg