Man verdrink, liggaam uit Apiesrivier gehaal

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man wat Vrydag deur die water in die Apiesrivier naby die Pretoriase dieretuin meegesleur is, se liggaam is Saterdag uit die rivier gehaal.

Charles Mabaso, woordvoerder vir die Stad Tswane-munisipaliteit, sê nooddienste het omstreeks 16:50 ‘n oproep ontvang dat drie mans na swaar reën en vloede deur die Apiesrivier meegesleur is.

Met nooddienste se aankoms op die toneel, het twee mans gesê dat hulle ook in die water in die rivier beland het, maar dit kon regkry om uit te kom. Hulle vriend kon dit egter nie regkry nie.

Nooddienste en polisieduikers het Saterdag ‘n man se liggaam op die rivier sien dryf. Die twee vriende kon bevestig dat dit hul vriend se liggaam is.

Die munisipaliteit reik ook ‘n waarskuwing uit aan inwoners om versigtig te wees en brûe en riviere te vermy wanneer dit gereën het.

(Fotokrediet: Tswane Emergency Services Department)

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel