Maak Valentynsdag spesiaal vir jou kinders

Deel hierdie storie / Share this story

Valentynsdag is ‘n dag om liefde te wys aan die mense rondom jou, insluitend jou kinders. Hier is ‘n paar idees om Valentynsdag vir die kinders ook spesiaal te maak.

  1. Maak ‘n spesiale ontbyt. Begin die dag op ‘n goeie noot met ‘n spesiale ontbyt. Dek die tafel mooi, maak plaatkoekies of eiers in hartjievorms, versier die tafel met hartjies of rooi servette.
  2. Dink aan ‘n paar spesiale aktiwiteite wat jy saam met jou kinders kan aanpak. Bak koekies in die vorm van hartjies, maak Valentynsdag-kaartjies vir familie en vriende, of sit ‘n mooi foto-collage bymekaar.
  3. Beplan ‘n fliekaand. Kies ‘n familievriendelike fliek wat almal saam kan geniet. Maak springmielies en kry eetgoed gereed en geniet die aand saam met jou kinders.
  4. Hou piekniek! Jy hoef nie noodwendig by ‘n parkie te gaan piekniek hou nie. Gooi ‘n lekker groot kombers agter in die erf op die gras oop en geniet broodjies of vrugte soos waatlemoen met ‘n koekiedrukker in die vorm van ‘n hartjie uitgedruk. Onthou ‘n bal of iets om mee te speel!
  5. Hou ‘n spesiale aandete. Maak saam met jou kinders kos – dalk pizzas – pizzaskywe kan ook met ‘n hartvormpie uitgedruk word – of mooi blomme en kerse op die tafel.
  6. Geskenkies. Gee vir jou kinders klein geskenkies soos ‘n spesiale boek of ‘n speelding. Dit hoef nie iets duurs te wees nie, maar iets spesiaals wat hulle sal onthou.
  7. Kwaliteit tyd! Gebruik die dag om regtig tyd saam met jou kinders deur te bring. Luister na hulle stories, speel speletjies en laat hulle weet hoe baie hulle vir jou beteken.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel