Blou Bul-speler bly in aanhouding vir moord op Ntokozo Xaba

Deel hierdie storie / Share this story

Die borgaansoek van die junior Blou Bul-speler, Ngcebo Thusi, wat van moord beskuldig word, is tot volgende week in die Pretoria-landdroshof uitgestel.

Lees ook: Blou Bul speler verskyn in hof vir Ntokozo Xaba se moord

Thusi het Maandag sy eerste verskyning in die hof gemaak in verband met die moord van sy eks-meisie Ntokozo Xaba. Hy was die laaste persoon wat saam met haar gesien is voor sy verlede Donderdag met verskeie steekwonde gevind is.

Die saak is uitgestel tot 13 Februarie of tot ’n formele borgaansoek ingedien word.

’n Vriend van Ntokozo het gesê haar verhouding met Thusi het geëindig omdat hy haar mishandel het. Sy het verlede jaar ’n saak van aanranding teen Thusi oopgemaak.

Bronne: IOL, Ghanamma, Soeknet

Lees ook: Woede oor voorstel van professor dat breindood vrouens as surrogate gebruik word