Blou Bul speler verskyn in hof vir Ntokozo Xaba se moord

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Cyril Ramaphosa keur David Mabuza se bedanking af

’n Blou Bul-speler sal vandag in die Pretoria-streekshof verskyn in verband met die moord op TUT-student Ntokozo Xaba.

Ntokozo se liggaam is Donderdag met verskeie steekwonde in Pretoria Gardens gevind. Haar voormalige kêrel is Vrydag ingeneem vir ondervraging omdat hy glo die laaste persoon was wat haar lewendig gesien het.

Die verdagte is ’n junior Blou Bul-speler wat sy span in 2022 by die “Country Districts” verteenwoordig het.

Die ondersoek duur voort.

Bronne: EWN, Lekoa FM, Cape Talk

Lees ook: Hillary Gardee glo met gesteelde staatsvuurwapen geskiet