Cyril Ramaphosa keur David Mabuza se bedanking af

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Ma gewond naby skool in beweerde bendespervuur

Tydens sy broer se begrafnis in Mpumalanga het adjunk-president David Mabuza aangekondig dat hy uit sy pos bedank.

President Cyril Ramaphosa het pas Mabuza se bedanking afgekeur en gevra hy moet aanbly om die oorgang van sy rol makliker te maak vir Paul Mashatile.

Presidensiële woordvoerder, Vincent Magwenya, het gesê dat Mabuza dit duidelik gemaak het dat hy wil bedank nadat die ANC nuwe leiers in Desember gekies het.

Mabuza het op die begrafnis gesê dat hy verlede week sy bedankingsbrief aan Ramaphosa gegee het, want hy het gesien die een wat in sy plek verkies is, “raak rusteloos” en hy wil vir hom spasie gee.

Bronne: IOL, Briefly, The Citizen

Lees ook: Hillary Gardee glo met gesteelde staatsvuurwapen geskiet