’n Ma is Woensdag gewond tydens ’n beweerde bendeskietery in Hanover Park nadat sy haar 8-jarige skool toe geneem het.
Lees ook: Vier mans doodgeskiet by KwaMashu-manskoshuis
Twee gewapende verdagtes het glo Woensdagoggend oorkant die Dawood-slaghuis op mekaar begin skiet en ’n ongeluk tussen ’n motor en ’n bakkie veroorsaak.
Bilqees Adams, 28, het net haar seun by die skool besorg en was op pad huis toe, toe sy in die spervuur beland en in die heup geskiet is. Sy word in die Groote Schuur-hospitaal behandel.
Die polisie is bewus van die beweerde voorval, maar nog geen saak is aangemeld nie.
Bronne: IOL, The Paper, Daily Voice



