Altesaam 20 verdagtes word gesoek nadat verskeie mans by ’n manskoshuis in KwaMashu geskiet is.
Drie mans is op die toneel dood en ses mans is in die skietaanval gewond. Een van die slagoffers is later oorlede aan sy wonde, terwyl nog ’n slagoffer glo in ‘n kritieke toestand is.
Kol. Robert Netshiunda het gesê die verdagtes is glo huurmoordenaars, maar dit is nog nie bevestig nie en alle leidrade word opgevolg. Netshiunda het bygevoeg die polisie is op soek na die verdagtes voor nog mense moontlik aangeval word.
Nog twee persone is Saterdagaand in die gebied doodgeskiet.
Bronne: Times LIVE, IOL, SABC
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Hooggeregshof hoor Gerhard Ackerman wou glo selfdood pleeg



