Man skuldig bevind na bende-verkragting van meisies op grafsteen

Deel hierdie storie / Share this story

Maagdelike meisies is deur ’n bende op ’n grafsteen langs ’n skool verkrag. Hulle is gedwing om daarna te bid.

Lees ook: Gerhard Ackerman se borgtog teruggetrek

Dit is die verhaal wat Woensdag aan die Mbombela-hooggeregshof vertel is toe Elvis Zulu skuldig bevind is op 22 aanklagtes, meeste daarvan verkragting.

Zulu het vir meer as 10 jaar vrees in die harte van die inwoners van dorpe naby die Kruger Nasionale Park gesaai, maar hy is uiteindelik deur een van sy slagoffers uitgeken.

Zulu het die aanklagtes ontken, maar sy DNA is aan al die slagoffers verbind.

Die hof het gehoor hoe Zulu en sy bendes vrouens gevang het, met ’n mes gesteek het, met bottels geslaan het en met ’n geweer gedreig het. Hy sou dan grafstene as ’n bed gebruik om die meisies te verkrag en sy bendelede nooi “om hulself te geniet”.

Slegs Zulu is in hegtenis geneem. Hy sal later die maand gevonnis word.

Bronne: IOL, 247 News, Ghanamma

Lees ook:

Lees ook: Gerhard Ackerman se borgtog teruggetrek